Nuwe wingerde bring
wêreldgehalte-kundigheid
DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH (US) vervang tans 4.92 ha voormalige opleidingswingerde by sy Welgevallen-proefperseel met ses uiteenlopende eksperimentele wingerdblokke om ’n wêreldgehalte demonstrasieperseel vir studente, navorsers, produsente en plaaswerkers in die bedryf staan te maak.
Die US se fakulteit landbouwetenskappe befonds die projek en het die wynbedryfliggaam, Vinpro, aangestel om dit oor die volgende drie jaar te implementeer as deel van die organisasie se Gen-Z wingerdprojek, wat ten doel het om kennisoordrag deur praktiese demonstrasies en wingerdproewe te fasiliteer.
“Deur met Vinpro saam te werk aan die Welgevallen-vernuwingsprojek het ons dit reggekry om die brug tussen die akademici en die privaat sektor te oorkruis, en terselfdertyd ’n platform vir innovasie en kreatiewe leer staan te maak,” sê prof Danie Brink, dekaan van die fakulteit landbouwetenskappe.
Die vernuwing van die opleidings- en navorsingswingerde skep ’n geleentheid om studente aan soveel moontlik wingerdbestuurspraktyke bloot te stel en hulle vir hul loopbane voor te berei, sê Talitha Venter, dosent aan die departement wingerd- en wynkunde, wat die projek saam met die Gen-Z-span oorsien. “Huidige studente sal alle prosesse verbonde aan wingerdvestiging eerstehands ervaar, terwyl generasies vorentoe voordeel sal trek uit goed beplande, goed ontwikkelde wingerde waarin hulle waardevolle praktiese ervaring sal opdoen,” sê sy.
SES SPESIFIEKE PERSELE
Alle huidige wingerde word vervang, met die uitsondering van ’n kommersiële blok. Die ses proefpersele sluit ’n blok gefokus op wynmaak in, asook prieelstelsels, tradisionele en nuwe druifsoorte, klone en onderstokke, ’n besproeiingsblok en ’n tafeldruifprogram.
’n Perseel gefokus op wynmaak, sal uit altesaam 20 wit en rooi wyndruifkultivars bestaan, wat as wynmaakvereiste vir voorgraadse wynkundestudente dien. In die prieelstelsel-proefperseel word vier elk gesplete lower- en gemeganiseerde stelsels, en agt vertikale lootposisioneringstelsels operig, terwyl ’n gedeelte as bosstokwingerde verbou word.
Een van die wynbedryfliggaam, Winetech, se prioriteite is ’n wingerdblok toegewy aan besproeiingsbestuur. Dit sal groot opleidingswaarde bied, veral vir waterbestuursnavorsing. Verskillende onderstok-bostokkombinasies sal onder verskeie besproeiingsbehandelings getoets word om optimale waterverbruik te bepaal. “Dis skaars om ’n wingerd te hê waarvan die uitleg presies vir ’n navorsingsprojek uitgewerk is, en hierdie blok bied veral ’n wonderlike geleentheid vir navorsing oor waterbestuur,” sê Talitha.
Die blok sal ook gebruik word om digitale wingerdkundige tegnieke te evalueer sodat nuwe gebruiklike metodes vir afstands waarneming vir die monitor en karakterisering van wingerde ontwikkel kan word.
’n Wingerdblok, genaamd “die kultivarversameling”, sal uit 96 druifsoorte bestaan, insluitend verskillende klone en onderstokkombinasies. “Ons moet na nuwe kultivars en onderstokkeuses uitbrei om enige risiko vir ons bedryf vorentoe te verminder,” sê Emma. Nog ’n wingerdblok gaan verskeie snoeistelsels ten toon stel, insluitend die Guyot-, kortdraer-, Cazenave-, boks-, gemeganiseerde en die Italiaanse Simonit & Sirch-snoeistelsels. “Snoei het ontwikkel in ’n hoogs gespesialiseerde praktyk, wat ’n goeie ding vir ons bedryf is.”
’n Nuwe toevoeging tot die opleidingswingerde is ’n tafeldruifblok, waar verskillende tafeldruif- en droogdruifkultivars op algemene opleistelsels vir die tafeldruifbedryf verbou sal word, in konsultasie met die bedryfsliggaam SATI (Suid-Afrikaanse Tafeldruifindustrie). “Vernuwing in ons bedryf gaan nie net oor hommeltuie of e-platforms nie,” sê Emma. “Deur hierdie proefwingerde kan ons voorpunttegnologie en kundigheid op ’n praktiese manier oordra en stadig maar seker die denkwyse en optrede in ons bedryf verander.”
TYDSLYNE
Die grondvoorbereiding is voltooi, alle pale is opgerig en die span het teen druktyd gewag vir duidelikheid oor waterregte voordat ’n nuwe pompstasie gebou en hoofwaterlyne gelê kon word om die onderskeie wingerdblokke van water te voorsien. Die volle 4.92 ha word in Julie en Augustus geplant, waarna Courtneigh Frolicks, junior Vinpro-wingerdkundige, die belangrike werk begin om die wingerde saam met Emma reg op te lei.
KOMMERSIËLE WINGERDE OOK IN DIE PYPLYN
Nog ’n projek wat die US en Gen-Z-span saam aanpak, behels die aanplant van 16 ha wingerd vir kommersiële doeleindes oor die volgende drie jaar. Die Gen-Z-span sal die Welgevallen Kommersiële Wingerdprojek bestuur en die druiwe sal aan kelders verkoop word, maar dit sal ook gebruik word om wyn in die US se eie kommersiële kelder te maak sodat hierdie projek selfonderhoudend is. Die ou wingerde is in April verwyder en die nuwe wingerde sal volgende jaar geplant word.
WERK SAAM
Francois Viljoen, projekleier en Gen-Z-bestuurder, doen ’n beroep op wynmakers, wingerdkundiges en ander bedryfsrolspelers om die US te steun deur hul kennis, praktiese leerervaring en netwerke
met die volgende generasie te deel. “Ons is so dankbaar vir elke insetverskaffer of ander bedryfsrolspeler wat tot dusver by die projek betrokke geraak het deur hul kundigheid, wingerdmateriaal of
ander produkte en dienste beskikbaar te stel,” sê hy. “Ons moedig graag enigiemand aan om ook betrokke te raak.”
About the Author
15 years’ experience in the field of communications, journalism, language editing and translation.